‘Ship of Fools’ , ‘n nuwe skildery onder flinke konstruksie te Zandvliet

Die edel intensie was om hierdie skildery te begin vroeg in Augustus, met ruim tyd om dit klaar te maak teen ‘n relatief gemaklike pas voor die 1ste September wanneer die uitstalling amptelik open. ‘n Gemaklike pas was gewens want die kunstenaar het homself byna verwoes gedurende die voorafgaande maand en ‘n half deur 10 nuwe skilderye vir die uitstalling te skep! Wel klein werke, maar nogtans. In plaas daarvan om toe rustig met die nuwe skildery te begin by Zandvliet, word toe nog twee nuwe skilderytjies gedoen…

Wat kan jy nou anders doen as 12 muses jou gryp en bemin?

Alhoewel ek dit baie gewoond is om in verskeie omgewings te skilder, vat dit tog ‘n wyle om te akklimatiseer tot die nuwe spasie en die twee nuwe skilderye het presies daardie funksie goed vervul.

Na ‘n paar dae van ordentlike Augustus-winter breek die oomblik aan om die nuwe skildery te takel.

Koue Wintersdag. Warm canvas. Ek verf dikwels die hele canvas eers toe met ‘n warm akriel. Dit seel die doek beter sodat die olie nie sink nie en jy kan jou finale kleure baie beter skat teen die warm toonwaarde as teen spierwit.

Van hier af aan gebeur dinge baie vinnig. Dit vat so ‘n halfuur om al die kleure te meng om die ondersteuning vir die lug te bou. Na ‘n paar hale met ‘n palletmes en fyner afwerking met ‘n lekker breë kwas lyk dinge so. Teen hierdie tyd skink mens gewoonlik ‘n beskeie glasie ordentlike shiraz, minstens ‘n Zandvliet Kalkveld…

Gewoonlik gee ek myself meer tyd om die berge optebou; ek hou daarvan dat die berge hulself ontbloot. In die geval van hierdie skildery moet dinge baie vinnig gebeur so ek help die berge so bietjie besluit wat hulle wil wees met ‘n kleinerige kwas vol turps.

Hierdie eerste deel van die skeppingsproses is amper die lekkerste want elke merk, kwashaal en smudge het reuse effek en doen baie om die intimidasie van ‘n skoon doek vinnig te laat kwyn!

Muggies love nat olieverf en ek gee gladnie om nie want geen muggie kruip in my broekspuipe in nie.

Te veel muggies wat hulself gaan begrawe in my vars kwashale is ‘n effense probleem en geringe irritasie want die liewe muggies moet op een of ander stadium verwyder word en dit sonder om die elegansie van ‘n kwashaal heeltemal optev…erwoes.

Nadat die lug so min of meer gebou is en sekere kwashale in plek is raak dit tyd vir ‘n bietjie euforie: Die sny van ‘n bergsilhoeët! Dit is ‘n onbeskryflik wonderlike lekkerte. Gegewe jou kleure is net reg gemeng…

Binne ‘n uur is daardie plat oranje doek omskep in ‘n venster wat uitkyk oor ‘n ander dimensie; ‘n venster oopgemaak wat skoonheid en ‘n magiese misterie innooi.

Dit is die kunstenaar se voorreg om daardie wêreld te betree. Soms angswekkend, soms huilmooi.

The six tones used on the mountain here are deceivingly difficult to mix. No. It is not orange and some odd blue out of the tube.

Dit was die middag se werk en Dag 1 van die ‘Ship of Fools’ se evolusie is volbring.

The newly born painting recling by a low burning fire in the Kalkveld Lounge.

‘Ship of Fools’ after Day1, bullying two other new ones of their easel…

 

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Posted in Posts on Various Projects.